About

Afgesien dat ek n voltydse skrywer is, gaan ons op hierdie forum oor alles en nog wat gesels, en beslis nie net oor boeke nie! Kenners op alle gebiede gaan deelneem om raad en daad te gee op vele terreine, van skoonheid tot mediese knelpunte. As jy voel dat jy skrywer in murg en been is, dan gaan ons jou die leiding gee om jou droom te bewaarheid….Met ander woorde die hoe, waar, wanneer en wat oor talle onderwerpe. Natuurlik sal geen politiek, gf geloof op hierdie Blog hanteer word nie, nog minder rassistiese en vulgere taalgebruik. Ons glo dat kennis is mag….en hier gaan ons poog om mekaar te verryk op vele terreine. Welkom aan almal wat by ons wil aansluit, en weet net, hierdie moet ook jou tuiste wees. Ons Engelssprekende vriende is ook meer as welkom, alhoewel die voertaal oorwegend Afrikaans sal wees…

2 thoughts on “About”

  1. Cora van Niekerk said:

    Baie geluk met jou nuwe webtuiste. Nuuskierig om te sien wat alles hier gaan plaasvind.

    • Baie dankie Cora, waardeer jou mooi wense! Ja,hier gaan ons nog baie lekker kuier…saam lag en gesels, en dalk nog soms saam huil(grappie!)…ons gaan net vrolik wees!Mooi dag vir julle !

Leave a comment